2025 inskrywings is nou oop!

n Christelike betroubare kleuterskool vir jou kind sedert 1994. 

Ons geskiedenis

Dit het alles begin met die koop van erf 2816 Moreletapark Uitbreiding 28.  Die planne is gedurende Julie 1993 gefinaliseer en goedgekeur waarna die skool in ‘n rekordtyd vanaf 1 Oktober 1993 tot 3 Desember 1993 opgerig is.  Desembermaand is daar hard gewerk om alles gereed te kry vir die koms van die nuwe kleuters.  Na baie beraadslaging het Elsje Beyers met die skool se naam vorendag gekom. 

Doring en Rosie Kleuterskool het op Maandag, 3 Januarie 1994 met 17 kleuters geopen.  Die eerste ingeskrewe kleuters was Jasper Booysen en Andri Verwey.  Mev. Sarie Beyers, afgetrede dosent aan die Onderwyskollege van Pretoria, het as hoof waargeneem.  Met 17 jaar onderwyservaring was dit ‘n lewensdroom wat bewaarheid is. 

In Januarie 2000 het ‘n Babaklas die lig gesien.  Die kleinste babatjie wat ingeskryf het is Calvin Frost.  Hy was 3 maande oud.

Oktober 2003 koop die skool die aangrensende duet aan en open dit as die Graad R huis, oftewel Beregrot in Januarie 2004.  Die behoefte aan `n Naskoolsentrum het ontstaan, en vanaf Januarie 2005 voorsien die skool ook in hierdie noodsaaklike behoefte.

Die personeel wil in samewerking met die ouerhuis opvoedende onderwys en versorging vir elke kind daar stel. Kleuterskool Doring en Rosie word steeds deur ons hemelse Vader in die holte van Sy hand gehou.

Kontak ons vandag

Ons is Maandae tot Vrydae van 6:15 tot 17:30 oop

Bel ons op (082) 552 3513